Aardbeie broskoek (vlaai)

1 kop = 250 ml

Ingrediente:

60 g      botter

2 eetl     suiker

2            eiergele

3/4k      meel (bloem)

1 bakkie aarbeie

1/2k       pruim of aarbeie konfyt

2 theel   water

 

Metode:

  1.  Klop botter en suiker tot lig en sponsig. Voeg eiergele by. Klits tot goed gemeng, daarna die gesifde meel geleidelik by. Meng goed. Knie die mengsel op ‘n lig bestrooide plaat.
    Druk die gekniede deeg in ‘n gesmeerde ronde koek plaat 20c. Bak in ‘n matige warm oond vir ongeveer 20 min. Verwyder uit die koek plaat en laat dit ewe ‘n bietjie afkoel.
  2.  Hou ‘n paar aarbeie eenkant om te gebruik vir versiering. Sny die res van die aarbeie in half. Plaas die aarbeie op die warm deeglaag.
  3. Meng die konfyt en warm water in ‘n pan en roer op laag vuur totdat dit kook.  Druk die mengsel deur ‘n sif. Laat ewe afkoel en smeer met ‘n sagte kwassie ruim oor die aarbeie en bodem. Plaas die vlaai in die koelkas om te set.  Versier met styf geklitse room en res van die aarbeie. Smeer van die konfytglasuur oor die aarbeie vir ‘n mooi effek.