Chocolade mousse

Ingrediente:
125 g  Donker chocolade
1 eetl   Brandy of Cognac
4         Eiers geskeide
1  kop Room (250 ml)

Metode:

  1. Kap die chocolade in growe stukkies. Plaas in ‘n dubbelpan en roer oor kokende water totdat die chocolade smelt. Haal dit van die hitte af en laat ‘n bietjie afkoel. Voeg eiergele en brandy geleidelik by die chocolade.  Roer totdat  glad en dik is.
  2. Klits room. Nie te dik nie, anders is dit moeilik om in die mengsel te vou. Vou die room in die chocolade mengsel.
  3. Klop die eierwitte totdat dit klein puntjies maak. Nie te styf nie.
  4. Vou half van die eierwitte in die chocolade mengsel, daarna die ander half.
  5. Skep die mengsel in 4 aparte bakkies of een groot pudding  bak. Plaas dit in die koelkas totdat dit geset is.

Serveer: Bedek met geklitse room en strooi gerasperde chocolade oor.