Salm quiche

SALM QUICHE

Deeg:

1 kop = 250 ml.

1 kop    meel
knippie sout
90g       botter
1          eiergeel
1 eetl.   suurlemoen sap

Vulsel:
250 g    blik met rooie salm
4          repe bacon
1½ kop  room
3          eiers
sout & peper
½ teel.  paprika
2 eetl.   gekapte pietersielie
1 eetl.   gerasperde parmesan kaas

  1. Sif die meel en sout in ‘n kom.  Vryf die botter in totdat die mengsel soos fyne broodkrummels lyk.  Meng tot stewige deeg met lig geklopte eiergeel en suurlemoensap.  Indien nodig kan 1 of 2 teelepels water bygevoeg word. Plaas deeg op ‘n lig bestrooide meel ondergrond. Knie liggies.
  2. Rol deeg uit op lig met meel bestrooide ondergrond in ‘n sirkel en groot genoeg om te pas in bodem en oor die kante van ‘n 23 cm flan pan. Plaas deeg versigtig om roller en sit dit in die flan pan.
  3. Druk deeg in die kante en in die groewe van die pan. Wees versigtig dat die deeg nie breek nie.  Rol die roller oor die kante van die pan, vinnig en stewig, sodoende word ekstra deeg afgesny en laat dit ‘n netjies, skoon rand agter.
  4. Plaas in die koelkas vir een uur.
  5. Sit die flan pan op ‘n oond blad. Giet die vog van die salm af en bewaar.
  6. Skilfer die salm versigtig en verwyder al die beentjies en grate.
  7. Sny die bacon in blokkies, braai versigtig totdat dit krokant is, neem uit die pan, plaas op bord met papier.
  8. Klits, room, eiers, sout, peper, paprika, pietersielie, parmesan kaas, en salm vog. Rangskik die salm op die bodem van die deeg skelp, strooi die bacon stukkies oor.  Skink versigtig die eiermengsel oor die agterkant van ‘n lepel op die salm en bacon.
  9. Bak in ‘n gemiddelde warm oond vir 10 minute, verlaag die oond na laag, en bak vir nog 30 tot 35 min. of totdat die vulsel geset is.

Serveer met ‘n salade.